100 Koekies

100 koekies is die nuutste kookboektydskrif uit die kombuis van die toonaangewende kosskrywer Herman Lensing. Dis propvol lekkerte met 100 maklike resepte vir ieder en elk se geur en smaak. Bekende tradisionele koekie-treffers regdeur tot moderne resepte. Hierdie boek beloof om jou koekieblik dié vakansieseisoen vol te hou.